Ons het ‘n Wenner!

Ons was so opgewonde en geiinspireerd deur al die inskrywings wat ons ontvang het. Mense is so kreatief, en ten spyte van al die wit geraas om ons in ons huidige konteks, is dit so wonderlik om te kan ontvlug na die pragtige, kreatiewe werke van ons Suid Afrikaanse kunstenaars. Ons het inskrywings van Memel tot in die Kaap ontvang, en dit was voor waar ‘n voorrerg – en ‘n nagmerrie – om ‘n wenner uit al die inskrywings te kon kies. Elkeen het iets spesiaals om te sê, en elkeen vertel sy eie storie. Gaan besigtig gerus die wenwerke, asook die TOP 20 op ons webwerf.

Om die wenner te bepaal, het ons beoordelaars gekyk na tegniek in die spesifieke kunsvorm wat hulle gebruik, konsep ontwikkeling, konteks in die huidige verwysingsraamwerk waarin ons lewe, hoe het hulle dit by die tema “Aftermath” of Nadraai laat inpas. Ons kondig gewoonlik net ‘n wenner aan, maar dit was so na aan mekaar hierdie jaar, dat ons besluit het om ‘n tweede en derde plek ook aan te wys. Almal waardige wenners.

In derde plek was Elizabeth Tristram met haar “Artist Block”. ‘n pragtige uitbeelding van die ontrafeling gedurende inperking, en die skoonheid wat daar lê en wag om opgeraap te word. Haar uitsonderlike olieverf tegniek op houtblok, maak mens sommer lus om die potlood ne op te tel.

In tweede plek Karen Harkema met “The Way of the Child”. Hierdie uiters sensitiewe, subtiele uitbeelding van die kind, laat ons meegevoel met haar onsekerheid hê. Die besonderse effektiewe gebruik van kleur trek ons in haar wereld in, en herinner ons dat  pyn en verlies ook geleenthede op hernuwing skep, en kan lei tot groei en kollektiewe medelye.

Danielle Jordaan
Aftermath – Danielle Jordaan

In die eerste plek, die tong in die kies, kleurvolle en baie relevante triptiek van Danielle Jordaan, onderskeidelik genaamd: “Death by Domestic Sentimentality, Playtime is over & After the breakup”. Dis ongelooflik hoe groot storie so klein skilderdoek kan vertel. Dit algemene daaglikse banale items wat ons daagliks in die gesig staar, en nostalgie en sentiment in ons wakker maak. Soms met bittersoet nasmaak.  Ons kan vasgevang raak in die verlede, of groei en in die oomblik begin lewe.

So baie geluk aan Danielle met haar uitsonderlike werke!! Ons is seker die R5000 prysgeld gaan baie buisies verf kan koop!!

Gaan loer gerus hier om hierdie werke, asook die kunstenaars se eie beskrywings te sien: https://onlineart.gallery/product-category/art-competition/

Koop vandag iets besonders vir jouself, of ‘n vriend of familielid, en ondersteun in die proses ons Suid Afrikaanse kunstenaars.

#spreadingjoywithart

close
oag-logo-protea-side-sc

Oh hi there 👋 It’s nice to meet you.

Sign up to receive awesome content in your inbox, every month. Oh and receive 10% discount* with your first purchase!

* Discount on everything except sculptures.
We don’t spam! Read our privacy policy for more info.

Oh hi there 👋 It’s nice to meet you.

Sign up to receive awesome content in your inbox, every month. Oh and receive 10% discount* with your first purchase!

* Discount on everything except sculptures
We don’t spam! Read our privacy policy for more info.

We use cookies to enhance your experience with us.